Verdwaalde diere minder tydens inperking, sê DBV

0
463

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein sê daar was ongetwyfeld ‘n afname in die aantal verdwaalde diere tydens die inperkingsperiode, wat uitstekende nuus vir die DBV is.

Senior inspekteur, Reinet Meyer, het aan Bloemfontein Courant gesê dat dit baie goeie nuus is vir hulle. Volgens haar het die DBV sedert die begin van die inperking ongeveer 100 diere ingekry.

“Ons het inteendeel baie minder verdwaalde diere ingekry, waaroor ons baie dankbaar is. Ek dink die mense is almal by hulle huise en so ook hulle diere,” se Meyer.

Meyer het ook gesê dat hulle steeds klagtes hanteer tydens die inperking. “Ons doen ook steeds pro-aktiewe werk soos om slagplase en troeteldierwinkels te besoek,” het Meyer gesê.

Die DBV se span doen veral by troeteldierwinkels diens om te verseker dat die diere gevoer word en skoon water sowel as skoon hokke het.

Geen aannemings van diere word in hierdie tydperk deur die DBV hanteer nie.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za