E Copy

Date:

Verdagtes in Vrystaat van onwettige besit van perlemoen aangekla

Die Vrystaatse polisie het twee verdagtes op die N1 by Trompsburg in hegtenis geneem vir die besit van perlemoen.

Polisiewoordvoerder Martin Xuma sê snelwegpatrollielede het Sondagoggend vroeg net buite die dorp stilgehou en ‘n wit Toyota Hilux-bakkie met ‘n kajuit gestop.

Hy sê die polisie het die voertuig deursoek en 53 vullissakke met perlemoen gevind.

Xuma sê twee mans, onderskeidelik 31 en 42 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van perlemoen.

Hulle sal na verwagting binnekort in die Trompsburg-landdroshof verskyn.

OFM Nuus

Share post:

Popular

More like this
Related

Decision made on AARTO implementation

A decision has been made by the Department of...

Another toddler reported missing in Glen

Free State police in Glen are appealing to the...

Pacofs partners with Free State schools to inspire future theatre-makers

The Performing Arts Centre of the Free State (Pacofs)...

CUT leads the charge in building resilient universities

The Central University of Technology (CUT) in Bloemfontein hosted...