Verdagtes in Harrismith-moordsaak in hof

0
Verdagtes in Harrismith-moordsaak in hof

LANI FOUCHÉ

Die twee verdagtes in die Harrismith pastorie-moordsaak het vandag weer vlugtig in die dorp se landdroshof verskyn. Die saak is tot 24 Maart uitgestel vir verdere ondersoeke. Martin Brits en Elliot Mhlambi word daarvan verdink dat hulle vir Brits se pa, dominee Willem Brits, en sy aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, in hul pastoriehuis verlede jaar vermoor het. Brits se ma, Dorothea, is in die voorval beseer en sterk in die Life Pasteur-hospitaal in Bloemfontein aan. Martin het kort na sy inhegtenisnemeing ‘n skuldbekentenis voor ‘n landdros gemaak. Sy suster, Thea, moet intussen weer op 8 Februarie in die hof wees op aanklagte van diefstal nadat sy glo haar verloofde, Vermeulen, se bankrekening leeggemaak het na sy moord.

No posts to display