E Copy

Date:

Verander só jou boedelbelasting

HORACE TERRY

As ons na Suid-Afrika se totale bevolking kyk, is slegs ’n baie klein persentasie van die bevolking belastingpligtig. Natuurlik is die belastinglas op die groepie belastingbetalers baie groot, en kan ons verwag dat belastingbetalers in die toekoms nog meer gemelk gaan word vir elke moontlike sent.  In Suid-Afrika, soos in baie ander lande, kan ons ook tot ’n mate sê dat ons ’n baie onregverdige belastingstelsel het, want hoe meer jy bereid is om risiko te neem en jou bedrywighede uit te brei, jou besigheid of winsgewendheid te groei, hoe meer word jy met belasting gestraf.

In Suid-Afrika is daar hoofsaaklik drie tipes ‘rykdombelastings’. Dit is kapitaalwinsbelasting, boedelbelasting en skenkingsbelasting.
Skenkingsbelasting en boedelbelasting beïnvloed mekaar. Eenvoudig gestel, hoe meer jy in jou leeftyd weggee, hoe kleiner sal jou boedel wees, en hoe minder boedelbelasting sal jy betaal. Die probleem is egter dat jy as individu slegs R100 000 per jaar kan skenk, sonder om skenkingsbelasting te betaal. Alles wat jy bo R100 000 skenk sal blootgestel wees aan ’n 20% skenkingsbelasting. Natuurlik is skenkings tussen gades vrygestel van enige skenkingsbelasting.

Effektiewe boedelbeplanning beteken dat jy sover moontlik kostes en belastings wil vermy die dag as jy sterf, en een manier om dit reg te kry is om van bates ontslae te raak, maar nie die voordele van die bates te verloor nie. Jy kan dus op ’n jaarlikse grondslag begin om R100 000 (ongeveer R8 333 per maand) in ’n belegging te plaas wat in ’n trust se naam is. Só kan jou gade ook begin om R100 000 (nog R8 333 per maand, of tussen julle twee R16 666 per maand) te skenk. Die voordele is dus dat julle mettertyd ’n groot batewaarde opbou, weg van julle onderskeie boedels af, maar julle kan as trustbegunstigdes steeds die voordele van die bates benut. Tweedens gaan alle groei op die bates in die trust plaasvind, en nie in julle onderskeie boedels nie. Oorweeg dus die opsie van skenkings.

Share post:

Popular

More like this
Related

‘Text Me When You Arrive’ to tackle GBV through theatre and satire

A daring, satirical theatre production with the aim to...

Bloemfontein police seize crystal meth, mandrax in CBD

On Monday 7 July, an intelligence-led operation by Park...

Road closures towards Bram Fischer International Airport

The Bram Fischer International Airport has issued a notice...

More suspects to appear in UIF fraud case

According to the National Prosecuting Authority (NPA), more suspects...