Vele faktore agter hoë vleispryse: Augustus 2012

0
2914

PIETER MÖLLER

Hoë pryse is tans besig om vleis ‘n luuksheid vir verbruikers te maak, maar produsente moet nie onnodig die skuld kry vir steeds stygende vleispryse nie.  Dis volgens Neels de Villiers, voorsitter van die Vrystaat se Rooivleisprodusenteorganisasie.  Hy het gereageer nadat ‘n bekende ekonoom, Mike Schüssler, onlangs beweer het dat die blaam v ir die stygende pryse voor produsente se deure gelê moet word. De Villiers sê boere hou beslis nie vee terug om pryse onnodig te laat styg nie.  De Villiers sê, behalwe vir die ooraanbod van vleis, is daar ander werklike redes vir die situasie. Volgens hom bring slagters nie die vleispryse af om aan die verbruiker oorgedra te word nie. Hy meen rooivleisprodusente moet nou ongelukkig.  Hierdie verhoogde pryse absorbeer.

‘n Bekende bees- en stoetteler van Arlington, Brian Angus, stem saam: “Behalwe vir die droogte, het boere nie kos nie. Die mielieprys is op, insetkoste is op en ons moet onthou, produsente is prysnemers; ons bepaal nie die prys nie.”  Angus sê dit is ook waar dat verbruikers tans nie genoeg geld het om op vleis te spandeer nie, en dan kan dit ‘n luukse item raak.  Volgens hom het die besteebare inkomste van mense in stede en dorpe nou ‘n groot invloed op die bedryf. Hy sê groot invoere van vleis uit Botswana is ook besig om die plaaslike bedryf nadelig te beïnvloed en die verbruiker is onbewus hiervan.

Angus sê die situasie kring só uit dat voerkrale selfs ernstige probleme ervaar.  ‘n Bekende vleiskenner, Peter Milton, bevestig dat voerkrale tans onder druk is.  Milton sê egter hy voorspel dat toestande vir voerkrale egter weer oor die volgende vier jaar tot 2016 sal verbeter voor die volgende afswaai in 2017.  Volgens hom is daar 18 rolspelers in die rooivleisbedryf wat die produksieproses.  Van die begin tot die einde beïnvloed.  Spesifi eke rolspelers kan egter nie uitgesonder word vir die produsenteprys en algemene styging in vleispryse nie. Hy sê al die rolspelers – boere, veeartse, slagters tot voerkraaleienaars – probeer so goed as moontlik wees.

Volgens ‘n bekende slagter van Bloemfontein, Mike Eksteen, strek die Probleme in die slagtersbedryf baie verder. Hy sê slagters koop by groot handelaars, wat slagpale insluit. Volgens Eksteen, is die probleem waarmee slagters te make het, die feit dat wanneer vleis aangekoop word, dit weer binne sewe dae geskuif Moet word. Hy sê daar moet waarde toegevoeg word voordat gewigsverlies ‘n verlies aan inkomste meebring. Eksteen sê die aankoopprys bepaal die verkoopprys.

Faktore soos onder meer verhoogde krag en arbeid, moet ook in berekening gebring word om slagters se deure oop te hou.
Dawie Fourie van Veekor, bekende groothandelaar in vleis, sê in die verlede kon hulle karkasse subsideer met die vel, sodat die boer meer vir sy produk kon kry.  Hy sê die prys van skaapvelle het skielik geval van R150 na R60. Boere kon hierdie inkomste aanwend het om meer geld in hul sak terug te kry. Fourie meen groot voerkrale beweeg op dun ys, want hulle is grootliks verantwoordelik vir die bepaling van prys en dieselfde kan gebeur as wat met meulenaars in die graanbedryf gebeur het ‘n klompie jare gelede, toe pryse van brood