Veldfiets-entoesias vra hulp vir Kersfees-projek

0
368
Misha Bukes (13) met van die kospakkies wat reeds ingesamel is
“Ons benodig rys, blikkieskos, pasta, meel of enige iets wat nie bederfbaar is nie.” So sê die 13-jarige Misha Bukes, wat wil hê die breër gemeenskap van Bloemfontien moet hul harte oopmaak en diep delf om behoeftiges te help oor die Kerstyd.
Die jong Misha het “Motocross for Charity”, na aanleiding van haar liefde vir veldfietswedrenne, begin om kospakkies in te samel om haar medemens te help. Sy vertel, “MX is my groot passie en ek wil graag my liefde vir die sport uitleef en terselfdertyd my liefde vir ander daardeur wys.”
Misha se doel is om in Desembermaand mense van verskillende organisasies te bederf met kospakkies. Sy vra dat mense haar asseblief moet bystaan. Die projek sluit op 15 Desember sodat kospakkies voor Kersfees by die organisasies aan wie dit geskenk word, afgelaai kan word. Sy vertel aan Bloemfontein Courant dat die idee ontstaan het nadat sy gesien het hoedat haar ma altyd mense met kospakkies help. Sy het gevoel sy wil ook graag iets vir haar medemens doen. “Liewe Jesus seën my op baie maniere en ek is so dankbaar en daarom wil ek graag iets teruggee en dankie sê.”
Misha het hierdie jaar begin met Motocross by die Bloemfontein Off Road Club en sê sy geniet die sport so baie dat dit haar begeerte is om haar passie vir mense met haar liefde vir motocross te kombineer en mense help. “Ek weet sommer dat hierdie projek ‘n verskil sal maak in baie mense se lewe.”
MX for Charity is van plan om Guardian & Angel Bfn, Boelieblik – uitkoms vir kinders, en Angel Arms Bloemfontein te help met kospakkies. Mense wat pakkies wil skenk, kan haar ma kontak by 082-457-8583 of vir Misha self by 066-207-6632.
Sazly Hartzenberg