E Copy

Date:

Veiligheidsberade skop af in die Vrystaat

Die eerste van ’n reeks veiligheidsberade wat die Polisie in samewerking met die VKB/VL Veiligheidslessenaar in die Vrystaat beplan, het vandag by Bobbiespark in Bloemfontein plaasgevind. Die berade word aangebied as deel van die Polisie en die lessenaar se pogings om landelike veiligheid in die provinsie te bevorder.
’n Veiligheidsberaad is reeds verlede jaar in die Lejweleputswa Cluster, wat Bothaville insluit, aangebied. ’n Beraad het ook op Saterdag, 3 September 2016, op Harrismith plaasgevind om veral die krisis met veediefstal in die gebied aan te spreek.
Die berade se hooffokus is om Polisiebeamptes van die onderskeie clusters en landbouers te laat vergader sodat kwessies openlik bespreek kan word. Samewerking op verskeie vlakke binne die raamwerk van die Landelike Beveiligings Plan (LBP) om misdaad te beveg sal ook hoog op die agenda wees. Van die besprekingspunte wat tydens die beraad op Bloemfontein uitgelig is, is:
– Aksieplanne en inoefeninge van landelike veiligheids inisiatiewe;
– Profielbepalings van plase en die vloei van inligting (aanmelding van sake/deel van inligting);
– Landelike veiligheids vergaderings en die belangrikheid van bywoning deur alle rolspelers;
– Gebrekkige mannekrag en toerusting soos bv. voertuie by veral landelike Polisiestasies;
– Vertrouens verhoudinge tussen landbouers en die SAPD; en
– Misdaad asook misdaadvoorkomingsoperasie.
Nog twee berade word vir die jaar beplan, met die ander wat vroeg volgende jaar sal plaasvind.

Uitgereik deur VS Landbou

Share post:

Popular

More like this
Related

FS teachers won’t lose medical benefits

Following days of uncertainty, the Free State Department of...

Surviving the VAT increase

During the Budget Speech last week, Minister of Finance...

Geraasbesoedeling in Universitas: Inwoners kla oor nagklubs in Willows

Inwoners van Universitas het hul stem dik begin maak...

11-jarige voltooi Kaapstad Fietsrytoer saam met oupa

Die 2025 Kaapstad Fietsrytoer se jongste deelnemer, die 11-jarige...