Veiligheid op Lesotho-grens in April 2012: Louw Steytler

0
2716

Louw Steytler het by Jongboer Kongres by Nampo gesê die sekuriteit en veiligheid by die Lesotho-grens is ‘n probleem. Daar is aan boere wat langs die grens woon, gesê hulle hoef egter nie te vrees nie.

Vrystaat Landbou het agteroor gebuig om die Vrystaat regering tegemoed te kom ten opsigte van die probleem. Vrystaat Landbou se posisie is baie duidelik en die oplossing wat hul wil implimenteer moet nie onderskat word deur enige iemand nie.
 
Daar sal toegesien word dat die grens beveilig sal word deur die toepassing van veiligheidswette- om sodoende die mense wat in daardie omgewing woon te beskerm. Internasionale en nasionale veiligheidswette sal toegepas word. Die regerig het ‘n nuwe regsverteenwoordiger aangestel, Hoofregter Arthur Chaskalson se seun, Matthew, wie die presidensie verteenwoordig en met wie verdere samesprekings gevoer is.