E Copy

Date:

Van Niekerk hardloop persoonlike beste in Lausanne

RUFUS BOTHA

Die Kovsies se Suid-Afrikaanse rekordhouer in die 400 m het gisteraand by die Diamantliga-byeenkoms in Lausanne (Switserland) gewys dat hy een van die wêreld se beste 200 m / 400 m-kombinasie atlete van alle tye kan word.

Wat meer is, is dat Van Niekerk in die einste wedloop baie naby aan die onderskeiding gekom om die eerste atleet ooit in Suid-Afrika te word om albei die Suid-Afrikaanse seniorrekords in die genoemde nommers agter sy naam te skryf.

Hierdie 21-jarige vegter skrik ook nie vir groot name nie en het teen groot wêreldname in die 200 m ‘n skitterende vierdeplek in ‘n eweneens skitterende 20, 19 losgenael.

Hierdie tyd maak van hom op twee na die vinnigste Suid-Afrikaner wat die land nóg opgelewer het. Slegs Morné Nagel (2002, 20,11, SA Rekord) en Rian Dempers (1995, 20,16) het as lede van die reënboognasie vinniger vermag.

Terug by die Lausanne 200 m – Van Niekerk het in die moeilike tweede baan in die blokke gesak en moes met ‘n skerper draai as meeste ander groot name in die wedloop in die nael.

Hy het nie die beste van ‘n wegspring beleef nie, maar toe dié blits klaar met die draai onderhandel het, het hy ‘n blitsige laaste 200 m afgelê.

Hy is met 20 meter einde toe by die wêreld se tweede beste 200m-atleet van alle tye, Yohan Blake (Jamaika) verby. Blake was uiteindelik sesde in ‘n teleurstellende 20,48.

Dié wedloop was blitsig. Alonso Edward (panama, 19,84) het oorwinning gesmaak met Nickel Ashmead (Jamaika, 20,06) in die tweedeplek en die Fransman, Christophe Lemaitre derde 20,11.

Share post:

Popular

More like this
Related

FS teachers won’t lose medical benefits

Following days of uncertainty, the Free State Department of...

Surviving the VAT increase

During the Budget Speech last week, Minister of Finance...

Geraasbesoedeling in Universitas: Inwoners kla oor nagklubs in Willows

Inwoners van Universitas het hul stem dik begin maak...

11-jarige voltooi Kaapstad Fietsrytoer saam met oupa

Die 2025 Kaapstad Fietsrytoer se jongste deelnemer, die 11-jarige...