E Copy

Date:

Van Grahamstad na VS Kunstefees

Impregnated by Dance, wat volgende week op die Vrystaatse Kunstefees te sien is, is sover bekend die eerste Heidedalse produksie wat sy weg na ‘n nasionale kunstefees gevind het.
DiĆ© produksie, wat pas teruggekeer het van die Nasionale Kunstefees in Grahamstad, praat oor die stryd wat jongmense in die gesig staar wanneer hulle probeer om ‘n loopbaan in die kunste na te volg, maar nie altyd die ondersteuning van hul geliefdes het nie.
Die produksie plaas die klem op dwelmmisbruik en tienerswangerskappe in gemeenskappe. Die verhaal word gekompleteer deur energieke dansroetines wat deur die bekend Heidedalse choreograaf, Zane Muller (27), gechoreografeer is. Muller is ook die regisseur van die stuk.
Die rolverdeling bestaan uit 15 talentvolle jong akteurs en dansers, onder wie Teddy Mhlambi, Che Keet, Palesa Hlalele, Kirsten Botha, Abigail Visagie, Mami Letube, Wendy Moloi, Mpai Thekiso, Thuylene Titus, Saschine Cornelissen en Nonkululeko Mpembe.
Impregnated by Dance is die eerste keer in 2016 in die AndrƩ Huguenet-teater opgevoer waar dit albei aande staande toegejuig is.
In Grahamstad het die stuk vyf vertonings in die stadsaal gehad. Hier het die stuk uitstekende resensies van die feeskoerant, Cue, ontvang. Die koerant het die stuk so beskryf: “Impregnated by Dance – ‘n energieke vertoning wat die gehoor vasvang met ‘n verskeidenheid interessante dansstyle. Dit het ‘n dwingende boodskap wat illustreer hoe jy jou passies moet navolg, ongeag die swaarkry wat jy in die gesig mag staar. Die produksie is lewendig en kragtig.”
Muller sĆŖ vanweĆ« die gewildheid van die produksie wil hy dit nog een keer aanbied voordat hulle dalk oorweeg om ‘n fliek oor die verhaal te skiet.
“Ons is dankbaar dat ons ons verhaal met ‘n internasionale gehoor kon deel en plaaslike kunstenaars ‘n platform kon bied om hul talent te ontwikkel en uit te druk.
“Ons werk tans aan ons twee produksies, NAKED en AfricĆ¼Ć¼r, wat deur ons produksiemaatskappy, House of Dirty Shakers, aangebied word.” –Ā PIERCE VAN HEERDEN
info@bloemfonteincourant.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung to experience low pressure, supply cuts during reservoir maintenance

Residents in the Mangaung Metro are to take note...

Alice in Wonderland visits Bfn

The adaptation of the world-renowned production ā€œAlice in Wonderlandā€...

Essential road safety tips for a safe Easter road trip in South Africa

As South Africans head out on their Easter road...

Man (64) arrested in Tumahole for possession of mandrax, crystal meth

A 64-year-old suspect was arrested in Tumahole following an...