E Copy

Date:

Valke stuit koperdiefstalsindikaat in Bloemfontein

Die Valke in die Vrystaat het op vyf verdagtes, insluitend ‘n beampte van ‘n plaaslike munisipaliteit in Bloemfontein toegeslaan wat glo koper kabels en transformators van Centlec gesteel het.

Valke woordvoerder, S’fiso Nyakane sê vier van die verdagtes tussen die ouderdom van 34 en 58 is werknemers van private elektriese ondernemings. Hy sê hulle is Woensdag oggend deur lede van die Valke se Organiseerde misdaad-eenheid en die taktiese reaksie-eenheid na ‘n intensiewe ondersoek vasgetrek. Hy sê die vyf verdagtes sal na verwagting Vrydag in die plaaslike landdroshof op klagtes van diefstal verskyn. Nyakane noem dat nog inhegtenisnemings kan volg.

Die inhegtenisnemings kom kort nadat sewe verdagtes wat deel was van ‘n koperdiefstalsindikaat van honderde duisend rande in dele van die Vrystaat in die Kroonstad Hooggregshof gevonnis is.

Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini sê die verdagtes tussen die ouderdomme van 26 en 44 het koperkabels in onder meer Thabong, Welkom, Ventersburg Virginia, Senekal, Odendalsrus, Allanridge en Bronville gesteel.

Centlec het ook vroeër aan OFM-nuus gesê dat kragonderbrekings wat in dele van die Mangaung-metrogebied en Botshabelo tydens die munispale-staking plaasgevind het, asgevolg van infrastruktuur wat beskadig was. Die woordvoerder vir Centlec, Lele Mamatu, het toe gesê dat daar kriminele elemente betrokke was.

Ondersoek duur voort.

MARK STEENBOK / OFM NEWS

Share post:

Popular

More like this
Related

Life Rosepark Hospital makes history with first CRT-D Implant in Free State

Life Rosepark Hospital, is proud to celebrate a remarkable...

UFS to participate in robotic surgeries for Mandela Month

To commemorate Mandela Month, the University of the Free...

Shootout leads to two fatalities in Odendaalsrus

The Free State police have arrested a 37-year-old man...

Mandela View: Planned power interruption scheduled for tomorrow

Centlec a planned power interruption notice for Mandela View...