Valke slaan toe in VS

0
829

CHRISTOPHER MOTABOGI

Die Valke het ‘n groot sukses in hul stryd teen misdaad bekom, met gister se arrestasie van 16 amptenare van die Calendonspoort Grenspos in die Vrystaat.
Valke nasionale-woordvoerder, Paul Ramoloko sê die verdagtes sal vanaand in die selle deurbring voor hulle hofverskyning in die Fouriesburg landdroshof môreoggend.
“Nege verdagtes is polisielede, ses is immigrasie-amptenare en een is van die Gesondsheids-departement” het Ramoloko gesê.
Hy sê die verdagtes is vir vyf maande deur ondersoekbeamptes dop gehou en het, na verneem word, groot bedrae geld aanvaar om mense se paspoorte onwettige te stampel.

Ramoloko sê die verdagtes sal klagte van bedrog, korrupsie en die oortreding van immigrasie-wette in die gesig staar.