UV-taalbeleid: ‘Senaat se aanbeveling toon ‘n gebrek aan leierskap’

0
1320
AfriForum sê die senaat van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besluit om Afrikaans as onderrigtaal te skrap, toon ’n gebrek aan leierskap en is strydig met die Grondwet.
Die burgerregte-organisasie se komentaar volg nadat die UV senaat gister ten gunste van ’n nuut voorgestelde taalbeleid gestem het wat Afrikaans as onderrigtaal gaan uitfaseer. Die UV se raad neem Vrydag ‘n finale besluit oor die senaat se aanbeveling.

AfriForum se Alana Bailey sê afhangend van die besluit van die raad sal die burgerregte-groep tot regsaksie oorgaan om om Afrikaanse studente se taalregte te beskerm.

Sy sê in die lig van die sensitiwiteit van taalkwessies in die land en die huidige spanning op die Bloemfontein-kampus is die bestuur ook versoek om die hersiening van die taalbeleid voorlopig op ys te plaas totdat gemoedere bedaar het.

Die UV kan daarna met inagneming van insette van onafhanklike kundiges ingeligte, beredeneerde, objektiewe besluite neem wat ten beswil van die universiteit en sy gemeenskap as geheel sal wees.

Verklaring