UV-student wen argitektuurprys

0
208
Samuel Pellissier van die Universiteit van die Vrystaat is die 2018-streeksfinalis van die 32ste Corobrik-Argitektuurstudent van die Jaar-toekennings. Hier is ontvang hy sy toekenning van Musa Shangase, kommersiële direkteur van Corobrik.

Kreatiwiteit en innovasie gaan hand aan hand in die erkenning van uitnemendheid in ontwerp. Dit is deel van Corobrik, wat die toon aangee wanneer dit kom by investering in tegnologie en wat weer ‘n reuse-impak op Suid-Afrika se toekomstige bou-omgewing het.
Musa Shangase, Corobrik se kommersiële direkteur, het aangekondig dat Samuel Pellissier van die Universiteit van die Vrystaat as streekswenner vir die 32ste Corobrik-argitektuurstudent van die Jaar-toekenning aangewys is vir sy verhandeling getiteld Lamu: An Architectural Investigation of Time and Place.
Pellissier het ‘n tjek van R10 000 ontvang, terwyl Phadi Mabe die tweede prys van
R8 000 en Jonel de Wet die derde prys van R6 000 ingepalm het. ‘n Prys van R6 000 vir die beste gebruik van kleimesselwerk is toegeken aan Eugenie Lombard.
Pellissier sal een van agt jong argitekte wees uit groot universiteite oor die land heen wat erkenning kry vir hul talent en innovering deur die jaar. Die wenners van elke streekskompetisie sal dan deelneem aan die nasionale Argitektuurstudent van die Jaar-kompetisie en prysgeld van R70 000 kan losslaan. Die wenners word in Mei 2019 in Johannesburg aangekondig.
Shangase sê Pellissier se verhandeling het baie onontbeerlike uitdagings wat argitekte van die toekoms in die gesig staar gedek, insluitend volhoubaarheid, energie en waterdoeltreffendheid sowel as estetiese werking, outentisiteit en relevansie.
Pellissier sê dat hy tydens ‘n fietstoer deur Oos-Afrika vroeg in 2017 op ‘n antieke Swahili-hawestad genaamd Lamu afgekom het. “Hierdie wêrelderfenisomgewing resoneer met die ritme van tyd en word deur die ryke kultuur van sy mense geïdentifiseer. Dit het Tyd en Plek as die hoeksteen van my verhandeling bepaal. As ‘n buitestaander het ek ‘n student geword van Lamu – die wyse van doen, die godsdiens, die leefstyl en die kultuur – met spesifieke belangstelling in die tradisionele bouwyse van Dhow en donkievervoer. Die doel was om ‘n argitektuele respons te ontwerp wat hierdie metodes akkommodeer terwyl die kulturele erfenis gerespekteer word,” vertel Pelliessier.
Die afgeleë ligging van Lamu het praktiese uitdagings opgelewer, wat opgelos is deur die gebruik van boutegnieke en -materiale wat bekend was aan die eiland op ‘n nuwe manier wat wil inspireer eerder as om voor te skryf. Die projek streef daarna om iets soortgelyks aan Breyten Breytenbach se teorie van die “middelwêreld” uit te beeld, ‘n tussen-in plek wat die bewoner akkommodeer waar hy homself tussen land en see mag bevind.
Die ontwerpte gebou bestaan uit droogdokke vir Dhow-herstelwerk en bouwerk, ‘n werkswinkel vir fynere handwerk soos seilmaak en meubelweef, en ‘n hawe om na donkies te kyk. Hierdie verhandeling het ‘n plek geword waar die bewoner, die Dhow en die donkie herstel en skuiling kan vind.
info@bloemfonteincourant.co.za