E Copy

Date:

UV Paralimpiese atleet Louzanne reg vir Rio

“Coetzee is iemand met hope deursettingsvermoë. Sy is besig om met die hulp van haar gids, Khothatso Mokone, in ’n wêreldklas-atleet te ontwikkel.” Dit was die woorde van Rufus Botha, die afrigter van die 23-jarige Louzanne Coetzee

Coetzee, wat vir die Instituut vir Versoening en Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) werk, sê die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro was nooit vir haar ’n groot droom nie omdat sy nie gedink het sy is goed genoeg daarvoor nie. Die Here het egter ’n ander plan vir haar lewe gehad. 

Coetzee het gesê sy sukkel nog om te besef wat werklik gebeur het en dat sy aan die Paralimpiese Spele deelneem. Sy het ʼn warboel van emosies. “Ek is terselfdertyd opgewonde, senuweeagtig en verward.” 

Volgens Botha, haar afrigter van die afgelope vier jaar, het Coetzee en haar gids ’n unieke ritme en werk hulle goed saam. “Nadat Mokone, ook ’n oud-Kovsie, op die toneel verskyn het, het alles net vorentoe gegaan.” 

“Om die Paralimpiese span te haal is reeds ’n groot bonus. Die volgende doelwit waarna ons mik, is dat sy die eindronde in die 1500 m haal,” het Botha gesê. 

Coetzee en Mokone is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span wat van 7 tot 18 September 2016 in Rio deelneem. Haar uitdun vind op 15 September 2016 plaas en die eindronde van die 1500 m op 17 September 2016. 

Haar hoofdoel na afloop van die Paralimpiese Spele is die Wêreld ParaAtletiekkampioenskappe in Londen 2017.

Uitgereik deur die UV

  • Tags
  • v

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...