OWEN KOCK
Die Universiteit van die Vrystaat het vanjaar weer ‘n rekord getal van 18 000 aansoeke om toelating tot die instansie vir die 2013 akademiese jaar ontvang.
Volgens ‘n skrywe van die universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, kan hulle egter net 5 000 nuweling eerstejaarstudente akkommodeer.
Die eerstejaarstudente word op 19 Januarie 2013 op die Bloemfontein-kampus vewelkom, terwyl studente aan die Qwaqwa-kampus reeds op op 18 Januarie verwelkom sal word.
Eerstejaarstudente (Bloemfontein-kampus) registreer tussen 21 en 25 Januarie in die Callie Human-sentrum op die kampus.