E Copy

Date:

UV ontken onttrekking van talle lede van die Kovsie-alumni-trust

Christal-Lize Muller

Die Universiteit van die Vrystaat sê belanghebbendes wat ontevrede is oor kwessies by die universiteit moet dit direk met die UV opneem en nie deur die media aanspreek nie. Só sê Kovsie-woordvoerder, Lacea Loader, nadat Courant gister berig het oor verskeie anonieme betrokkenes wat ontevrede is oor die studentedekaan, Rudi Buys, se hantering van studentekwessies en verskeie versoeke wat aan die UV gerig is waarin sy se bedanking geëis word. Loader sê die universiteit wil geen verdere kommentaar oor die Buys-aangeleentheid lewer nie. Loader sê dit is onwaar dat talle lede van die Kovsie-alumni-trust hul skenkings onttrek het omdat hulle ontevrede is oor die vernuwingsproeses by die JBM Hertzog-koshuis op die Bloemfonteinkampus. Volgens haar het ‘n klein hoeveelheid lede het hul skenkings onttrek en daar is duidelik nie ‘n bewustheid van die vele ander Alumni-lede wat die laaste ruk hul finansiële ondersteuning aan die UV bevestig het nie. Loader se reaksie kom nadat die voorsitter van die trust, Anton Botha, gister aan Courant gesê het met die jongste verwikkelinge by die unviersiteit het talle oud-Kovsies wat gereelde skenkings aan die trust gemaak het, hul skenkings gekanselleer het. Volgens hom kan die huidige toedrag van sake selfs meer skadelik vir die trust wees as die sogenaamde Reitz-voorval ses jaar gelede.

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...