UV-navorsing oor plakkershutte bied moontlikhede vir alternatiewe behuising

0
3211

Soos miljoene Suid-Afrikaners, woon  Johannes Mamfene in ’n informele nedersetting. Die plakkershut, wat sy ‘huis’ was, was ‘n struktuur bestaande uit ‘n paar sinkplate wat teen ‘n houtraamwerk vasgekap, wat as vier mure en ‘n dak moes dien. Dit is in dié een-vertrek woning waarin mnr Mamfene en sy gesin moes kook, eet, slaap en leef – sonder toegang tot water en elektrisiteit.

Te danke aan ‘n navorsingsprojek van die Departement Bourekenkunde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is mnr Mamfene nou die eienaar van ‘n gemaklike twee-vertrek huis – die ‘Green Shack’.


Johannes Mamfene met sy kinders op die dag toe hulle by die nuwe huis ingetrek het.

UV-navorser het ‘groen elemente’ by die tradisionele plakkershut gevoeg en so ‘n huis aan die Mamfene-gesin verskaf wat warm in die winter, koel in die somer is én sy eie elektrisiteit en water het.

Prof Basie Verster, die voormalige hoof van die Departement Bourekenkunde, het dié inisiatief begin as ‘n alternatiewe vorm van behuising vir mnr Mamfene, wat sy tuinier is.


Prof Basie Verster, voormalige hoof van die Departement Bourekenkunde oorhandig die huissleutels aan Mamfene.

Dié navorsingsprojek in Grasslands, Heidedal, het die klem laat val op die koste- en energie-doeltreffendheid van groen en /of volhoubare plakkershutte.

Mev Esti Jacobs dosent aan die Departement Bourekenkunde, sê hul doelwit van die projek was om ‘n struktuur tot stand te bring wat omgewingsvriendelik is, ’n gerieflike binnetemperatuur in winter en somer handhaaf, asook kostedoeltreffend is om op te rig. Die struktuur moes ook sosiaal aanvaarbaar wees vir die gesin en die gemeenskap.


Die nuutgeboude ‘Green Shack’ langs die ou plakkershut. Die ou plakkershut is steeds in plek, langs die nuwe huis, en sal deel van die volgende fase van die navorsingsprojek wees.

“Ons wou ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak en om sosiale opheffing aan die gang te sit. Strukture soos die ‘Green shack’ kan dien as ’n tussentydse stap tot toekomstige behuisingsmoontlikhede, aangesien hierdie strukture relatief primitief is, maar ekonomiese waarde besit en bemarkbaar kan wees,” het sy gesê.

Die gebou bestaan uit bloekompale en Suid-Afrikaanse dennehoutdraers, met ’n houtdak en sementblokvloere binne. Die gebou is bedek met sinkplate en het ’n sinkdakafwerking. Bykomende groen elemente wat by die struktuur gevoeg is, is Nutec-binnebedekking, glaswolisolasie in die mure, binne-gipsplafonborde met ‘Think Pink’-isolasie, binne-skeimuur en -deur, polistereen in die vloere, en tint op die ruite. ’n Klein sonpaneel vir beperkte gebruik van elektrisiteit (een of twee ligte en elektrisiteit om ‘n selfoon te laai) en ’n Jojo-watertenk vir huishoudelike gebruik.
Die ou plakkershut is steeds in plek, langs die nuwe huis, en sal deel van die volgende fase van die navorsingsprojek wees.


‘n Klein sonpaneel verskaf beperkte elektrisiteit (een of twee ligte en elektrisiteit om ‘n selfoon te laai).

“Fase een van die navorsing is reeds voltooi. Tydens hierdie fase was daar ondersoek ingestel na die koste van ‘n alternatiewe vorm van behuisingstruktuur (waar tradisionele plakkershutte met die beplande struktuur vergelyk is), sowel as die konstruksieproses van die fisiese behuisingstruktuur.”

“Fase twee van die navorsing sal sowat twee tot drie jaar duur en sal saam met die Appalachian State-universiteit in die VSA aangepak word. Hierdie fase sal die installasie van temperatuur- en relatiewe humiditeitslogtoestelle binne die bestaande tradisionele plakkershut en die nuwe groen hut insluit. Die logdata sal gereeld deur die UV se Departement Bourekenkunde en Konstruksiebestuur nagegaan word.”


‘n Jojo watertenk om reënwater op te gaar vir huishoudelike gebruik.
 
Hierdie inligting sal die navorsers in staat stel om die verskille in gemaksvlakke binne die twee afsonderlike strukture te meet.