E Copy

Date:

UV maak voorsiening vir aansoeke te midde van Sapo-staking

Werknemers van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo)  in dele van Gauteng, Bloemfontein, Durban en Kaapstad wat aan ‘n onbeskermde staking deelneem hou nie probleme in vir aansoeke per pos om aan die Universiteit van die Vrystaat (UV)  te studeer nie.

Luidens ‘n verklaring sê die UV die sluitingsdatum vir volgende jaar se aansoeke was op 30 September 2014, maar weens die staking moes die UV alternatiewe reëlings tref vir eerste aansoekers wat deur die pos aansoek gedoen het vir toelating om aan die instelling te studeer. 

Die besluit is geneem dat ‘n eerste aansoeker ‘n bewys aan die UV kan toon dat daar voor of op 30 September 2014 ‘n aansoekvorm vir toelating gepos is, sal ‘n duplikaat van die aansoek wel tot  Vrydag aanvaar word. 

‘n Bewysstrokie dat die postuk wel gepos is kan aan applications@ufs.ac.za gestuur word. 

Uitgereik: Universiteit van die Vrystaat

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...