Wedstryd van die lewe, ‘n nuwe boek deur JW Swanepoel en Johan Smith, met bydraes deur bekende sportmanne en -vroue word op Donderdag 13 Februarie om 17:30 in Bain’s Game Lodge se Springboksaal bekend gestel.
Swanepoel het in ‘n onderhoud aan Bloemfontein Courant gesĂȘ die idee vir die boek het is 21 jaar gelede gebore toe hy sy diensjaar vir Christus by Sport vir Christus Aksie Suid-Afrika (SCAS) gedoen het. Hy is in matriek sodanig in ‘n rugbywedstryd beseer dat hy sy drome om eendag professioneel rugby te speel, vaarwel moes toeroep.
“Op SCAS het ek die waarde van Christenskap in sport, wat ‘n wonderlike hulpmiddel is om mense bymekaar te bring, besef. Sportmanne het ‘n groot invloed op mense se lewe en as hulle sport kan gebruik om mense te bereik en positief te beĂŻnvloed, soveel te beter.”
Swanepoel het die afgelope 20 jaar aan die boek gewerk. Hy het aanvanklik net eers lewenslesse, Bybelversies en speekwoorde versamel en die boek hier rondom gebou.
“Ek het die eerste twee hoofstukke van die boek geskryf, maar besef die skryfproses neem te lank. Ek het toe hulp gevra by Johan Smith, wat onmiddellik ingestem het om my met die skryfwerk by te staan. Johan het ook Cum Boeke genader, wat dadelik te vinde was om die boek onder hul vaandel uit te reik.”
Swanepoel sĂȘ mense van alle ouderdomme en uit alle agtergronde sal baat vind by die lees van die boek.
“As jy in ‘n gesin, by die werk, in die skool, in ‘n vriendekring of in ‘n sportspan is, is jy deel van ‘n span en het jy ‘n spesifieke rol om te speel. Dit is belangrik om te weet wat daai rol is. As jy wil weet wat die wenstreep vir jou lewe is of wanneer jy die oorwinning behaal het, moet jy die boek lees,” sĂȘ Swanepoel.
Van die sportlui wat bydraes tot die boek gelewer het, sluit in Wayde van Niekerk, Adriaan Strauss, Neil Powell, Boeta Dippenaar, Louzanne Coetzee en Lood de Jager.
Swanepoel, ‘n oud-Kovsie en tans senior lektor by die UV se Sentrum vir Volhoubare Landbou, is getroud met Karen, ‘n fisioterapeut, en die paartjie het ‘n 9-jarige dogter, Jana.
Pieter Delport
pieterd@mahareng.co.za