UV bevestig mediese skool se hoof bedank

0
UV bevestig mediese skool se hoof bedank

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het bevestig dat prof. Alan St. Clair Gibson, vroeër vandeesweek as hoof van die UV se skool vir geneeskunde bedank het. UV-woordvoerder, Lacea Loader, het gisteraand aan Bloemfontein Courant gesê Gibson sal die UV vroeg aanstaande maand verlaat om by die Universiteit van Waikato in Nieu-Seeland as dekaan van die fakulteit gesondheid en menslike prestasiewetenskappe aan te sluit. Gibson, wat die afgelope twee jaar die UV se mediese skool se stuurman was het gister sy opgewondenheid oor sy nuwe aanstelling in Nieu-Seeland op twitter gedeel.

Dit is al egter verlede week op die Universiteit van Waikato se amptelike webwerf aangedui dat Gibson sedert Mei dié pos beklee.  Volgens Loader het Gibson ‘n beter aanbieding ontvang en dit aanvaar. Sy het gesê hy gaan ‘n bydrae lewer om ‘n nuwe fakulteit vir al die gesondheidswetenskap-dissiplines daar te vestig.

Gibson se bedanking kom kort na die UV se visekanselier en rektor, Jonathan Jansen, en die UV se viserektor, eksterne betrekkinge, Choice Makheta, onlangs ingedien het. Daarmee saam werp Gibson se bedanking ‘n verdere skadu op die mediese skool, wat deur baie betrokkenes as ‘n sinkende skip beskou word, omdat meer as die helfte van die senior spesialis posisies nog nie gevul is nie. – Christal-Lize Muller

No posts to display