Update: Bloemfontein inwoners red vrou van verspoelde brug

0
647

Sandra Gouws, wie se kar in die slag gebly het in die duikweg in Dr Belcherweg, meen die feit dat daar werkers was om haar te waarsku oor die gevaar onder die brug soos berig, is onwaar.

“Daar was beslis nie mense om my te waarsku nie. Ek sou buitendien nie deur die water gery het as ek geweet het dit is gevaarlik nie,” het sy gesê.

“Toe ek deur die water begin ry, was daar geen aanduidimg dat my kar dieper in die water sou sak nie aangesien my wiele nie eens halfpad in die water was nie. Dit pad het skielik skuins ondertoe geloop.”

Volgens Gouws was daar nie eers bakens om die pad af te sper nie en ook geen verkeersbeamptes om die karre weg te wys of reguleer nie.

Persone wat bo-op die brug gestaan en toekyk het, het gesien Gouws is in die moeilikheid. Hulle het vir haar geskree om haar venster oop te maak sodat sy uit die kar kon uitkom, aangesien haar deur weens die waterdruk nie kon oopmaak nie.

“Twee weldoeners, een wie se naam Trompie is, het tot my redding gekom en my uit die venster van die kar gehelp.”

Die water was tot bokant Gouws se heupe.

“Eers na die voorval het daar verkeersbeamptes by die toneel opgedaag.”

JERETHA OOSTHUIZEN