Universiteit se taalbeleid en transformasie voor komitee

0
582

Die Universiteit van die Vrystaat se vordering met die transformasie van dié hoër instelling is deur die Verkose Komitee vir Onderwys en Ontspanning geprys. Voorsitter van die komitee, Lynette Zwane, sê die komitee was het die universiteit se voorlegging tydens ‘n besoek aan die instansie verwelkom. Die vergadering tussen die komitee en die UV vorm deel van ‘n weeklange besoek aan die provinsie. Zwane sê die universiteit se taalbeleid was ook tydens die vergadering onder bespreking en die universiteit het aangedui dat sodra al die prosesse vir ‘n taalbeleid afgehandel is, ‘n verslag hieroor aan die komitee voorgelê gaan word.

Intussen het die UV aangekondig het twee van sy professore as ontvangers van navorsingsleerstoele deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel-inisiatief aangewys is. Dit beteken ‘n finansiële inspuiting vir navorsing in die vakgebiede van Pumla Gobodo-Madikizela – van die sentrum vir trauma-, vergifnis- en versoeningstudies en Felicity Burt van die departement mediese mikrobiologie. – Cathy Dlodlo