Unieke klub lei jou ‘beste vriend’ op

0
Unieke klub lei jou ‘beste vriend’ op
Op die foto's bo lei van die Duitse Herdershond-klub in Bloemfontein 'n sosialisering en algemene gehoorsaamheid

Die immergewilde Duitse Herdershonde, wat bekend is as slim honde wat maklik opgelei kan word, is bekend daarvoor dat hulle baie aktief is en daarvan hou om besig te wees.

Gelukkig vir eienaars van dié honderas, kan hulle by die Duitse Herder-klub, wat vyf jaar gelede in Bloemfontein gestig is, aansluit.

Die klub is spesifiek vir Duitse Herdershonde bedoel en staan onder die vaandel van die Duitse Herdershond-federasie van Suid-Afrika. Volgens Ingrid van Wyk van die klub, is dit gestig om hierdie honde op te lei.

Die klub fokus op die sosialisering en algemene gehoorsaamheid van die honde. “Ons doen ook sporthond-afrigting, wat spoorsny en beskermingswerk insluit. Honde kan sekere kwalifikasies verkry.

Die klub kom elke Sondagmiddag bymekaar by CBC-skool, tussen 16:00 en 17:00 teen ‘n maandelikse bydrae van R100.

Duitse Herdershonde van ses maande ouderdom is welkom.

Vir meer inligting, bel Van Wyk by 082-460-6645.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za

No posts to display