10 Oktober 2013 • Odeion • 19:30
Die klassieke akkordeon-duo, TOEAC, bestaan uit Renée Bekkers en Pieternel Berkers. Beide het aan die Fontys Academy of Music (Nederland) onder Ronald van Overbruggen gestudeer en hul grade cum laude behaal. Pieternel het ook ‘n musiekonderrigkwalifikasie behaal terwyl Renée ‘n meestersgraad in pedagogiek voltooi het – beide cum laude. Hulle studeer tans aan die Royal Danish Academy of Music in Kopenhagen onder Gier Draugsvoll en James Crabb.
TOEAC het reeds verskeie pryse verower waaronder die Dutch Accordion-Competition, Prinses Christina-Concours, Grand-Prix International (Frankryk), Premio Internazionale di Fisarmonica (Italië), Grachtenfestival Conservatorium-Concours asook die Vriendenkransconcours/het Debuut.
TOEAC het tydens verskillende nasionale en internasionale televisie- en radioprogramme opgetree. Hulle onderneem gereeld projekte saam met ander kunstenaars soos skrywers, visuele kunstenaars, elektroniese komponiste, dansers en akteurs. Hulle het ook saam met verskeie orkeste opgetree soos die Radio Filharmonisch Orkest, Orkest de Volharding, Schönberg Ensemble, die Nieuw Ensemble, die Malando Orkest en Rotterdams Kamerorkest.
Pieternel en Renée werk graag saam met komponiste omdat hulle glo dat die akkordeon nie net ‘n instrument van vandag is nie, maar ook van die toekoms. Nuwe komposisies is vir TOEAC gekomponeer deur B. De Murashkin, N. Whiteman, E. Caine en N. Huijbregts.
TOEAC het reeds konserte gegee (of beplan om te gee) in Engeland, Duitsland, Frankryk, België, Kroasië, Suid-Afrika, Turkye, China, Indonesië, Kanada en Nederland. Hulle het al aan verskeie feeste deelgeneem, waaronder Cheltenham Festival, Festival de Saintes, Festival van Vlaanderen, Grachtenfestival Amsterdam, Rheingau Festival, Kultur im Kreis en Aardklop.
PROGRAM:
Mussorgsky: Schilderijententoonstelling
Stravinsky: Tango
Meijering: Schilderijententoonstelling (wêreldpremière)
Piazzolla: María de Buenos Aires
Grieg: Holberg Suite
Beljon: De Noordewind
TOEGANG:
R130 (volwassenes), R90 (pensioenarisse), R50 (studente en leerders), R50 (groepbespreking van 10+). Kaartjies beskikbaar by Computicket.
NAVRAE:
Ninette Pretorius (tel. 051 401 2504)