Uitspraak in Tom’s Place-moordsaak binnekort verwag

0
Uitspraak in Tom’s Place-moordsaak binnekort verwag

LANI FOUCHÉ

Uitspraak sal na verwagting vanmiddag of môre-middag in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein gelewer in die moordsaak van Thomas Ferreira.

Ferreira is in November 2011 op sy plaas Riversford buite sy huis deur gewapende rowers doodgeskiet.  Hulle het verlede week voor regter Albert Kruger getuig dat hulle gehoor het van ‘n dubbelkajuit bakkie en ‘n reuse kontantbedrag wat in Ferreira se kluis is, wat hulle wou buit.  Ferreira is in die proses gedood. 

Gilford Mahlakametsa, Hendrik van Schalkwyk en Rodger Siyale word van dié misdaad verdink. ‘n Vierde verdagte, Patric Mabula, het verlede week ‘n staatsgetuie geword. 

Hieroor was wyle Ferreira se vrou, Marieta, ontsteld.  "Ek sou graag wou gehad het hy moet ook agter tralies sit.  Hy was ook mos deel – nou is hy vry.  Maar ons kan niks doen nie.  Die reg moet nou sy gang gaan,"  het sy snikkend aan Courant gesê.

Ferreira was die eienaar van die vulstasie by Tom’s Place buite Bloemfontein.  Mariete moes die vulstasie kort na sy dood verkoop, omdat sy dit nie alleen kon bestuur nie.

Advokaat Francois Pienaar kla aan.

No posts to display