Uitsig-buurtwag eerste op toneel ná noodoproep

0
874

AfriForum se Uitsig-buurtwag in Bloemfontein, het op Dinsdag 11 Februarie blitsig gereageer om ’n vrou wat vermoedelik ’n beroerte gehad het, by te staan.

Die Uitsig-buurtwag was eerste op die toneel en kon noodhulp toepas totdat die nooddienste opgedaag het. Luidens ‘n persverklaaring, het paramedici op die toneel die vrou verder behandel en na die Life Rosepark-hospitaal gebring waar sy gestabiliseer is en na die Busamed-hospitaal oorgeplaas is vir verdere behandeling.

’n Patrollielid het inligting oor die voorval ontvang en het dit op die buurtwag se WhatsApp-patrolliekanaal geplaas. Dié noodoproep is daarna deur middel van die plaaslike radiokommunikasienetwerk geaktiveer en AfriForum se Bloemfontein-beheerkamer het die AfriForum 911-reaksie-eenheid, VR-sekuriteit en die Med24/7- Mediese Nooddienste na die toneel ontbied. ’n Lid op die toneel het ook die Life Rosepark-hospitaal en die Life EMS- Mediese Nooddienste ontbied, lui die verklaaring.

info@bloemfonteincourant.co.za