Stemdag in Bloemside, oos van van Bloemfontein, het gister ook daar sy kwota uitdagings en probleme opgelewer.
By tye het die ligte nie gewerk by die Rooms Katolieke Kerk in diĆ© buurt nie. Kiesbeamptes was in ‘n stadium bekommerd dat hulle nie met die stemmery sou kon voortgaan nie, aangesien mense gekla het dat hulle nie kon sien nie. Die krag het egter later aangegaan en die stemmery kon voortgaan.
Anthony Brown, ‘n geregistreerde kieser van Bloemside, is weggewys by die Mahlwempu-stemlokaal in Bloemside omdat hy sy identiteitsdokument (ID) verloor het en slegs ‘n gesertifiseerde afskrif van sy ID en lisensie gehad het.

Volgens Brown het dit hom ontmoedig in sy poging om sy stem uit te bring. “Ek het vandag saam met my familie gekom om my stem vir ‘n beter toekoms uit te bring, maar dit lyk asof ek nie sal kan stem nie,” het Brown vertel.
Rosie Goodman (56), ook van Bloemside, was egter meer gelukkig en kon haar kruisie trek. Goodman het gesĆŖ dit is belangrik om te stem en te weet waar jy in die lewe staan. Sy het ook aan Bloemfontein Courant gesĆŖ dat sy hoop haar stem sal help om die toekoms van Suid-Afrika te verander en sy hoop dat haar kinders en kleinkinders en ook werklose mense binnekort ‘n beter Suid-Afrika sal hĆŖ om in te woon. – Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za