Tweede inter-klub 10km

0
Tweede inter-klub 10km
FOTO: 123rf.com

Môre oggend (17/08), spring drawers weg by die Tempe Sportgronde vir die tweede 10km Inter-Klub Vrystaat Kampioenskappe.

“Dit is ‘n 10km padwedloop vir alle geregistreerde VS-atlete wat aan ‘n klub behoort,” het die organiseerder, Tertia de Bruin, vertel. Daar is tans 58 senior hardloop klubs in die Vrystaat

Sy verduidelik verder dat die klubs teen mekaar sal deelneem om te bepaal wie die beste klub in die Vrystaat is. “Ek wil net noem dat ons die enigste provinsie is wat só iets aanbied. Heel uniek!” het De Bruin vertel.

“Daar is 5 verskillende aspekte wat tel in die bepaling van die wen-klub,” het sy bygevoeg. “Grootte van die klub, persentasie van deelnemers by die klub, ‘prestasie’ per atleet, maar ook per klub!” het sy opgewonde vertel.

Die kompetisie het ook ‘n onafhanklike ouditeur wat alle inligting en prestasies verwerk en verifieer. “Daar is ook ‘weightings’ wat kleiner klubs ’n gelyke kans gee,” het De Bruin vertel.

Volgens haar is die doel van dié kampioenskappe om spandeelname te bevorder binne die verskeie klubs, en ook die spanne te leer ken. “Huidiglik fokus almal op individuele prestasie en vergeet ‘n mens dat om saamwerk, en saam oefen meer suksesvol en volhoubaar is,” het De Bruin verduidelik.

“Ons poog ook om die liefde vir hardloop en aktief-wees te bevorder. Aktiewe mense is gelukkige mense!”

 

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

No posts to display