SABRINA DEAN – Twee mans is vrygelaat op R1000 borg elk na hulle vroeër die week by Rhensoterfontein in die Noordwes vasgetrek is met R13-miljoen se smokkel sigarette.
Polisie woordvoerder Sabata Mokgwabone sê die twee, ‘n Mozambieker en ‘n Pakistani, het gister in die Rustenburg Landroshof verskyn op aanklagte van besit van vervalste sigarette. Hy sê Ejuaz Ahmed, 34, en Mkamlia Mlayo, 37, is albei borg toegestaan en die saak is uitgestêl tot 18 Oktober.
Volgens berigte het polisie gereageer op ‘n wenk en die twee by Rhenosterfontein betrap waar hulle na bewering besig was om die sigarette van een vragmotor na ‘n ander vragmotor en ‘n bakkie te laai. Mokgwabane sê polisie het ook beslag gelê op die twee trokke en die bakkie.