E Copy

Date:

Twee UV-dokters baklei hard teen kinderkanker

Van 23 pediatriese onkologiespesialiste in die land, is prof. David Stones en dr. Jan du Plessis van die Universiteit van die Vrystaat die enigste in die provinsie.

Dié twee dokters, wat verbind is tot die holistiese versorging van hul pasiënte, spesialiseer is alle soorte kinderkanker, waarvan leukemie, breinkanker en nefroblastoom die algemeenste is.

Hulle beskryf kinderkanker as ’n dodelike siekte, met onvoorspelbaarheid as sy wreedste eienskap.

“Met kanker weet jy nooit regtig nie. Dit presipiteer en vermeerder en lei tot die versaking van ander organe. ’n Mens kan maar net hoop en aanhou probeer,” het Du Plessis gesê.

Hul eenheid, die pediatriese onkologie-eenheid van die Universitas Akademiese Hospitaal, is die besigste vloer in die hele gebou. Dit is ook die derde besigste eenheid in Suid-Afrika en bedien ’n bevolking wat strek oor die Vrystaat, Noord-Kaap, dele van Noordwes, Oos-Kaap en Lesotho.

Die eenheid kry elke jaar meer as 100 nuwe kinderkankerpasiënte by. In 2015 het die eenheid 113 nuut gediagnoseerde pasiënte gehad, ’n toename van 93 sedert 2014.

Volgens dié twee kundiges is die gebrek aan insig en bewustheid van die siekte ’n groot probleem in die bestryding daarvan. “Dit is frustrerend. Ouers en familielede weet niks daarvan nie.

Verpleegsters en dokters is nie altyd klinies opgelei om die vroeë waarskuwingstekens raak te sien nie. Teen die tyd dat ’n diagnose gemaak word, is die kanse op lewe of dood 50%,” het Stones gesê.

Armoede, ’n gebrek aan hulpbronne, oorbevolking en ’n verskeidenheid gesondheidskwessies is ander faktore wat ’n diepgaande uitwerking op die diagnose en behandeling van die siekte het.

Met die begeerte om ’n verbetering in die lewensresultaat van die gesondheidsektor te sien, fokus die span daarop om die land se dokters van môre op te voed.

Hul eenheid is die enigste in die land wat mediese studente aktief by ’n onkologie-eenheid betrek deur praktiese ervaring en blootstelling. Dit beteken dat studente kan werk met individuele gevalle.

Hulle het ook ’n noemenswaardige hoeveelheid navorsingsliteratuur oor kinderkanker, in Suid-Afrika as ’n ontwikkelende land, geproduseer.

Die dokters is passievol oor hul werk en bly steeds hoopvol dat daar ’n verandering in die voorkoms van kinderkanker sal wees – nie net in verminderde vlakke van die siekte nie, maar ook in die algemene welstand van jong Suid-Afrikaners. – UV Mediaverklaring

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...