E Copy

Date:

Twee skuldig aan Harrismith-pastoriemoorde

Owen Kock

Bloemfontein. – Martin Brits is in die hooggeregshof op Harrismith skuldig bevind op die moord van sy pa, ds. Willem en dié se aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen, op poging tot moord van sy ma, Dorothea, asook roof met verswarende omstandighede.

Sy medepligtige, Elliot Mhlambi, is skuldig bevind aan dieselfde aanklagte asook die besit van ‘n vuurwapen en die besit van ongelisensieerde ammunisie. Volgens Brits se regsverteenwoordiger, Dawie Reyneke, het die polisie die vuurwapen wat in die aanval gebruik is, in Mhlambi se besit gevind.

Die verhoor duur môre voort en vyf getuies sal geroep word, onder wie Brits en Mhlambi, wat ter strafversagting sal getuig. Dorothea het in die voorval, ‘n jaar gelede, erge hoofbeserings opgedoen en woon tans in ‘n ouetehuis op die dorp.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...