E Copy

Date:

Twee sekuriteitswagte jok glo oor rooftog

 

Twee sekuriteitswagte van ‘n veiligheidsmaatskappy wat geld vervoer, sal na verwagting môre in die landdroshof op Ventersburg in die Vrystaat aansoek om borgtog doen nadat hulle na bewering voorgegee het dat hulle slagoffers van ‘n transitorooftog was. Provinsiale woordvoerder van die Valke, S’Fiso Nyakane, sê die bestuurder van die geldwa, Motsamai Mokotedi, en sy, Kuwapi Koloti, het Maandag vlugtig in die hof verskyn. Hulle is Vrydag ná die beweerde rooftog deur die polisie ondervra.

Die verdagtes het aangevoer hulle is deur ses gewapende mans beroof terwyl hulle geld vervoer het. Nyakane sê hulle het verder aangevoer die vermeende rowers het hul vuurwapens en geld gebuit, waarna hulle in ‘n rooi dubbelkajuit-bakkie op die vlug geslaan het.

Volgens die verdagtes is geen skote afgevuur nie. Nyakane sê die mans het die naweek aan die polisie uitgewys waar hul 9mm-pistole en ammunisie, sowel as R4 700, op die toneel versteek is.

Hulle staan tereg op ‘n aanklag van gewapende roof. – Christal-Lize Muller

 

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...