E Copy

Date:

Twee plaaslike sjefs wen trofeë in Indië

Twee sjefs van die Food and Beverage Institute (FBI) in Bloemfontein het aan die Wêreldvoedselkampioenskappe in Indië deelgeneem en met drie trofeë huis toe gekom.

Michelle Jansen van Vuuren was derde in Mixology en Palesa Penjane het as die wenner van die koekversieringskompetisie weggestap, asook tweede in die kulinêre kompetisie.

Volgens die besturende direkteur en FBI-dosent, sjef Michele Fourie, wat ook die mentor van die span was, het die kompetisie oor twee dae gestrek. “Dag een was die koekversierings- en mixologykompetisie en dag twee was die kulinêre kompetisie.

Altesaam 23 spanne van regoor die wêreld het in Kolkata, Indië, deelgeneem,” het Fourie gesê. Sy het bygevoeg dat Jansen van Vuuren ’n Afrika-geïnspireerde tequilaskemerkelkie saamgestel het, asook ’n appel- en gemmerbiermocktail.

Aan die ander kant het Penjane ’n pragtige Amarula Afrika-temakoek saamgestel, versier met suikerrotsrose, fondant-Afrikasfere en ystervarkpenne. “Sy het ook weggestap as die eerste naaswenner in die kulinêre kompetisie waar sy SuidAfrikaanse geure geneem het en dit in ’n driegangmaaltyd ingewerk het. Haar brandrissie-sjokoladeduo-muis het die beoordelaars sprakeloos gelaat,” sê Fourie.

Volgens Penjane het sy geweet om te wen was nie net vir haarself nie, maar vir die mense by die huis. “My gesin, my skool en die mense saam met wie ek grootgeword het, wat steeds op soek is na daardie een ding waaroor hulle passievol kan wees en geniet terwyl hulle ’n bestaan daaruit kan maak.Om hierdie kompetisie te wen het ’n groot impak op my lewe gehad.

“Dit het my selfvertroue en geloof in my vermoëns ’n hupstoot gegee. Dit het my gewys dat ek met toewyding en deursettingsvermoë enige uitdaging kan oorkom en my doelwitte kan bereik,” het Jansen van Vuuren gesê.

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...