Twee feeste op een dag!

0
579
Tagtig geseënde lewensjare van die bekende skrywe, Elsabe Steenberg word op Naln se 45ste verjaardag gevier.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum- en Navorsingsentrum (Naln) vier op 24 Maart 2018 ‘n geseënde 45ste herdenking.

Wat die dag ekstra spesiaal maak, is dat daar ook ‘n glasie geklink gaan word op die geliefde skrywer Elsabe Steenberg wat 80 jaar oud word, asook die verskyning van ‘n briewebundel, Waar rats die ribbok gaan, saamgestel deur Sarel Venter.

Prof. Bernard Odendaal van die Universiteit van Noordwes gaan die gaste kom toespreek by die viering.

Die gasspreker vir die geleentheid is prof. Bernard Odendaal, skrywer en direkteur van die ATKV-skryfskool (Potchefstroomkampus, Universiteit van Noordwes).

Die viering vind om 09:00 by die Naln-ouditorium plaas. Vir meer inligting of om te RSVP, kontak Leana Lategan by 082-750-9177 of Annelien Diedericks by annelien.naln@sacr.fs.gov.za, 051-405-5407.

Naln is geleë op die hoek van President Brand- en Miriam Makebastraat. Parkering is beskikbaar op die parkeerarea langs die Naln-gebou vanuit Miriam Makebastraat.

Zilke Prinsloo

zilke@mahareng.co.za