Twee dood, agt beseer in ongelukke

0
3177

Twee mense is dood en agt beseer in verskeie padongelukke in Bloemfontein verlede naweek.
In een van die voorvalle is een persoon dood en drie beseer in ‘n ongeluk in President Paul Krugerlaan in Universitas. ER24 sê een van die beseerders se toestand is ernstig, terwyl twee net lig beseer is.
Die nooddienste het ook Saterdagaand op ‘n ongelukstoneel op die N1 naby die Walter Sisulu-afrit afgekom. ‘n Jong vrou, wat vermoedelik uit haar motor geslinger is tydens impak, is dood verklaar op die toneel.
In die derde ongeluk is vyf mense beseer toe ‘n vragmotor op die N8 ongeveer 50km buite Bloemfontein omgeslaan het. Die beseerdes is op die toneel behandel en na Pelonomi-hospitaal gebring.
Die vermoede bestaan dat die bestuurders in al drie ongelukke beheer oor hul voertuie verloor het. – Cathy Dlodlo 
cathy@centralmediagroup.co.za