E Copy

Date:

Twaalfde ‘Night Race’ in Langenhovenpark

Een van Bloemfontein se oudste klubs, Bloemfontein Striders, het Woensdag 31 Januarie hul twaalfde “Night Race”-padwedloop aangebied.

“Dit is die eerste padwedloop van die jaar in Bloemfontein,” het Jaco Ebertsohn, voorsitter van Bloemfontein Striders, vertel.

Die byeenkoms het bestaan uit vier verskillende wedlope, naamlik die “Toddler Dash” vir kleuters, die “Road Mile” vir spoedvrate, ’n 5km “Fun Run” vir gesinne, asook ’n 10km-wedloop vir “almal wat meer ernstig hardloop, of van ’n uitdaging hou,” volgens Ebertsohn.

Hy het verder vertel die hoofdoel van dié nagwedloop is om mense aan padwedlope bloot te stel en sodoende belangstelling in die sport te help groei. “Dit is moontlik dié wedloop in Bloemfontein wat die meeste nuwe deelnemers na die sport lok as gevolg van die lekker atmosfeer wat die aand bring,” het Ebertsohn gesê. “Oor die laaste 12 jaar het dit ontwikkel in meer as net mense wat hardloop, maar eerder in ’n sosiale geleentheid op klein-Saterdag, waar families hul gesonde leefstyl kan vier.”

Die “Night Race” groei jaarliks en Ebertsohn het verduidelik dat die groei vir die klub baie belangrik is. “Ons werk ook die afgelope twee jaar hard daaraan om die nie-hardlopers van Langenhovenpark betrokke te kry deur hulle te motiveer om die atlete aan te moedig langs die pad en sommer ’n straatbraai te hou, het hy vertel, “op so manier skep dit bewustheid van die wedloop en help dit om atlete veilig op die pad te hou.”

Ná die pandemie het min padwedlope weer aan die gang gekom, maar die “Night Race” het oorleef en is volgens Ebertsohn groter as ooit. “Ons is baie dankbaar vir elke persoon wat ons jaar ná jaar so getrou ondersteun,” het hy gesê. Die klub beplan drie nuwe wedlope vir 2024 en beplan tans die Mimosa Mall ‘Family Run’ op 2 Maart.

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za 

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...