Tummy2Toddler beloof baie pret

0
219

Die Mimosa Mall se Tummy2Toddler-ekspo, wat vanjaar die agste keer aangebied word, gaan alle verwagtinge oortref.

Dié ekspo, wat in samewerking met Checkers en Get It Magazine aangebied word, word van 30 Augustus tot 1 September 2019 gehou.

Soos in die verlede, gaan besoekers se asem weer weggeslaan word deur opwindende uitstallings, vermaakoptredes asook ‘n opwindende babakompetisie.

Van die gaskunstenaars wat besoekers gaan vermaak, sluit in die uiters gewilde Pedro Kruger, die talentvolle sangeres Nadine, en die skreeusnaakse Dowwe Dolla. Die jongklomp kan ook uitsien na tonne pret saam met Buster & Bella.

Die ekspo skop Vrydag af met Pedro Kruger se produksie, Your Little Stars, waarin jong plaaslike talent asook Nadine en Dowwe Dolla gaan optree.

Saterdag en Sondag word die gehoor vermaak met uurlange vertonings deur die kindervermaakduo Buster & Bella.

Bywoning van die ekspo gratis en daar sal ook ‘n speelarea vir die kinders wees.

info@bloemfonteincourant.co.za