E Copy

Date:

Trots Pellissier reël pretloop vir Brandkop Bewarea

Vanaand (21/3) om 18:00 hou Trots Pellissier en die Brandkop Bewarea ’n fondsinsameling om die bewarea in stand te hou en op te knap. ’n Twee-maal-om-die-baan fietsrit sal vóór die “Glow in the Dark”-pretloop plaasvind.

Braampie Fiedler, geleentheidsdirekteur vir Parkrun, het verduidelik waarom só ’n fondsinsameling belangrik is – “om die baan in stand te hou vir instansies soos Park Run, fietsry- en ander geleenthede wat daar gehou kan word”.

Fiedler het ook vertel dat die hele Pellissier-gemeenskap saam met Trots Pellissier en die bewarea betrokke is om die koppie en sy omgewing in stand te hou. “Ons probeer ook om Brandkop te beveilig en te verbeter vir die gemeenskap,” het sy bygevoeg.

Die Brandkop Bewarea hoop ook om meer instansies betrokke te kry by die instandhouding van die bewarea, en om die geleentheid te gebruik om Pellissier en die omliggende area te verbeter. Fiedler hoop om “almal wat die baan gebruik, betrokke te kry en fondse in te samel vir instandhouding”.

Die “Glow in the Dark”-tema is gekies vir die impak wat kleure na die pretdraf gaan bring. “Ons wil dit in die aand hou omdat dit koeler is en ‘Glow in the Dark’-artikels is mooier in die aand – dit skep ’n mooi atmosfeer,” het Fiedler verduidelik.

Enigiemand wat betrokke wil raak by die bewarea, of meer wil weet van die fondsinsameling, kan navrae aan Braampie Fiedler rig by 079-779-3416.

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...