Sandra Mulder
Sekere oorsese reise na die Verre-Ooste, Midde-Ooste en Suid-Amerika kan goedkoper as ‘n reis in Suid-Afrika wees. Dan, vir slegs twee dae by ‘n Travel Ekspo in Bloemfontein gaan toerpryse aangebied word soos dit was voor die rand verswak het.
So sê Callie van der Merwe, algemene bestuurder van die Astra Groep in Bloemfontein.
Vir mense met verborge reisigersdrange is dit ‘n moet om op 8 en 9 Mei na die Travel Expo in Mimosa Mall in Bloemfontein te gaan. Dit is die 16de ekspo van Astra Reise. Vanjaar se ekspo word ook saam met die departement toerisme aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie: Vrystaat (SUT) en Mimosa Mall aangebied.
Na jou besoek aan die ekspo, kan die woord “oorsese reis” dalk deel word van jou geselsies oor vakansies nie.
Van der Merwe verseker ook mense dat oorsese reise nie net vir die meer welgestelde mense beskore is nie en reise verminder nie weens die ekonomie wat mag knyp nie.
“Die wêreld het klein geword. Mense ken mense oral. Baie mense se vriende of familie woon oorsee. Ons kry ook baie mense wat net vliegkaartjies koop. Mense reis nog baie, maar vind ook maniere om dit goedkoper te doen. Mense sal hul reise korter maak of by vriende en familie oorsee oorslaap en spaar op akkommodasie,” sê Van der Merwe.,” sê hy.
‘n Hoogtepunt van die ekspo is dat daar vir die eerste keer gratis werkswinkels oor verskeie reis – en toerisme-onderwerpe aangebied gaan word. By die Ekspo sal daar 14 werkswinkels wees oor onderwerpe wat wissel van “Loopbaan in Toerisme; “Buitelandse Valuta”;Doeane en Aksyns”; “Reisversekering”; Reiskliniek” tot “Reiskliniek”.
Deskundiges soos dr. Nicolas Theron van Bloemfontein Sport and Travel Medicine Centre en dr. René Haarhoff, hoof van die departement toerisme en projekbestuur aan die SUT, sal van die werkswinkels aanbied.
Die enigste slegte nuus is dat die aanbiedings en spesiale toerpryse slegs op die twee dae van die ekspo aangebied gaan word. As mense nog teen die pryse van verlede jaar wil reis sal hulle tydens die ekspo hul kaartjies moet koop.
Vir meer inligting besoek www.astratravel.co.za/A5TRAVELEXPOBOOKLETPRINT.pdf