Trans-50-aftreeoord hou werksessie vir Bfn-inwoners

0
421
Francois Lubbe gaan op 6 Maart 'n werksessie by die Trans-50-aftreeoord in Fichardtpark aanbied.

Die Trans-50-aftreeoord, beter bekend as die Fichardtpark-aftreeoord, hou op 6 Maart ‘n werksessie met Francois Lubbe, motiveringspreker.

Die onderwerp van bespreking is: hoe om jou moontlikhede te ontsluit. Leefstylkonsultant, Magrita de Wet, vertel dat die geleentheid by die aftreeoord sal plaasvind en sê, “Francois Lubbe word beskou as een van die beste aksie-leefstylafrigters in Suid-Afrika. Hy plaas sy fokus op drie hoofpilare, naamlik kuns, om jou drome na te volg, en om geleenthede te skep.”

De Wet sê hierdie werksessie sal verrykend wees vir enige besigheidspersoon en individu wat persoonlik wil groei en ontwikkel tot sy volle potensiaal. In Francois se eie woorde: “My kliënte is passievol oor besigheid en die lewe. Hulle het ‘n sterk karakter en dryfkrag en is oop vir en toegewyd tot ‘n voortdurende proses van leer, groei en ontwikkeling waardeur hulle hul ambisie wil bereik. ”

Dit werksessie gaan in Afrikaans en Engels aangebied word. Die koste beloop R70 per persoon. Dit sluit verversings, ‘n ligte middagete en kursusmateriaal in.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 28 Februarie 2020. Persone wat belangstel om die werksessie by te woon, kan Magrita de Wet kontak by 051-522-6811 of 062-059-0958 of ‘n e-pos stuur aan fichardtleefstyl@trans50.org.za.

Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za