Tralies verwelkom eie hokkie-astro

0
1658
Die Hoërskool Sentraal se hokkie-astro maak vroeg in Januarie 2019 oop. Anton Janse van Rensburg is baie trots die nuwe sportfasiliteit van die skool. FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

Die amptelike opening van die Hoërskool Sentraal se astrobaan vind op Vrydag 11 Januarie plaas. Alle oudleerders, huidige leerders en en die hele Traliegemeenskap word uitgenooi om die dag te kom geniet.

Van 12:00 tot 17:30 sal daar ‘n ses-aan-‘n-kant-toernooi plaasvind, van 17:30 tot 18:30 verskillende demonstrasies, ‘n “trick shot”-kompeitise sowel as ‘n vaardigheidsessie, gevolg deur die amptelike opening van 18:30 tot 19:00, waarná daar van 19:00 tot 20:00 verskillende wedstryde tussen leerders, onderwysers en ouers groot opwinding sal bied.

Die openingsgeleentheid begin om 20:00, maar braaivleisvure sal reeds van 17:00 af beskikbaar wees. Persone is verantwoordelik vir hul eie vleis en drinkgoed en moet hul eie eetgerei saambring, maar bykosse sal voorsien word.

Belangstellendes wat die geleentheid by te woon, kan voor 4 Januarie ‘n e-pos na linpot1982@gmail.com stuur, of 082-333-5517 skakel. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za