E Copy

Date:

Tralies maak geskiedenis op rugbyveld

Mark Steenbok
"Dit was 'n spanningsvolle eindstryd, 'n tawwe wedstryd soos min."
 
So beskryf die rugbyhoof van Hoërskool Sentraal, Jorie Grobbelaar, sy span se geskiedkundige oorwinning oor die Hoërskool Jim Fouché. Die Tralies het Saterdag met ‘n telling van 31-28 teen die Hoërskool Jim Fouché op Shimlapark seker gemaak van hul eerste Vrystaatse A1-liga-titel.
 
Die Tralies se losskakel Christiaan Greyer het in die doodsnikke van die wedstryd die wendrie aangeteken. Sy persoonlike bydrae van 21 punte was die sleutel tot sy span se geskiedkundige oorwinning oor JF. Die Tralies het halftyd met 16-15 voorgeloop in 'n naelbytstryd soos min.
 
Die span se Vrystaatse A-liga-wen is ‘n eerste vir die skool. Grobbelaar het aan Courant vertel dat hulle oorgehaal is ná die sege. Hulle gaan nou fokus op hul wedstryd teen Diamantveld. "Ons sal definitief hierdie week aan ons dissipline moet werk en ons vaardighede op die grond opknap. Diamantveld hou daarvan om die bal rond te gooi, so ons sal op ons beste moet wees.”
 
Die Traliespan sal na Kimberley reis om kragte te meet teen Höerskool Diamantveld in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga vir mediumskole. Die wedstryd skop omstreeks 13:00 op Diamantveld af.
 
St Andrews skool is as Vrystaatse B1-liga-wenner gekroon na hulle President Steyn met 28-20 getroef het.

Share post:

Popular

More like this
Related

MMM vows to fix project delays and improve planning

The Mangaung Metro Municipality (MMM) held a Planning Implementation...

AfriForum ruim kwaaddoeners se gemors in Langenhovenpark op

AfriForum se buurt- en vullisverwyderingspanne het aan die begin...

FS takes third place in case study competition in national agricultural awards

The Free State Department of Agriculture and Rural Development...

Free State learners gear up for Eskom Expo Regional Science Fairs

Eskom Expo for Young Scientists is set to launch...