Die Tralies het uitstekend op hul sportdag in Bloemfontein teen die sterk rugby-, netbal-, hokkie-, tennis- en skaakspanne van die Hoërskool Waterkloof van Pretoria gevaar deur die hoofwedstryde in rugby en netbal te wen.
Die meisies van die Hoërskool Sentraal het weer gewys waarom Tralies as die toonaangewende netbalskool in die Vrystaat beskou word deur elf van die 18 netbalwedstryde in hul guns teen die teen die Pretorianers te beklink.
Dit was egter Tralies se o.19A-span se oortuigende 30-19 oorwinning oor hul eweknieë van Waterkloof wat die kroon gespan het op die uithaler-netbalvertoning.
Dié sege was ook net die regte medisyne vir die Tralies voordat die twee toprugbyspanne van die skole mekaar Saterdag op die hoofveld gepak het.
Die grondslag van Tralies se sege van 35-18 is deur hul voorspelers gelê, wat met inklim- en dryfspel die tuisspan in die eerste helfte gebiedvoordeel laat geniet het. Dit was veral die twee stutte, Pieter Kotze, Lafras Becker, slot, SK Wessels en die hardwerkende losvoorspelers, Ben Kock, EP Nel en Kobus Lombaard, wat genoem kan word.
Tralies se kaptein en losskakel, DP de Lange, het ook sleutelrol gespeel met sy skopskoen en goeie oordeel. Hy het 20 punte met ’n drie en skoppe aangeteken.
Nogtans het die Tralies ’n oorwinning amper deur hul vingers laat glip. Waterkloof onder aanvoering van JP Strydom was rustyd 6-18 agter, maar het met harde optel en dryfbewegings deur hul voorspelers stukke veld gewen het die agterstand uitgewis te kry deur twee drieë te druk.
Met die telling 21-18 in die Klofies se guns het die Tralies weer wakker geskrik en met slim skoppe hoeke toe en goeie lynstaanbesit die Klofies uit die pad gemaalgedryf vir twee drieë deur flank Nel. Die res is deur die skopskoen van delange gedoen.
Vir sukses vorentoe sal Tralies hul ingooie by die lynstane moet regkry en minder strafskoppe by die breekpunte afstaan. Dit het ampet tot hul ondergang gelei.
Punte:
Sentraal 35 (18). Drieë: JP Nel, Zirk Kock, EP Nel (2). Doel: De Lange (3). Straf: De Lange (3). Waterkloof 21 (6).
Netbaluitslae (Tralies eerste genoem):
Onder 19A: 30-19; o.19B: 13-21; o.19C: 25-8; o.19D: 23-11; o.17A: 21-13; o.17B: 19-15; o.16A: 15-27; o.16B: 28-8; o.16C: 16-13; o.16D: 15-8; o.15A: 18-20; o.15B: 23-3; o.15C: 15-7; o.14D: 22-3; o.14A: 17-7; o.14B: 6-13; o.14C: 4-18; o.14D: 5-13.