Tralies hou Makietie

0
808
Mark Steenbok

Die Hoërskool Sentraal sal van Vrydag af in alle erns bymekaar kom om die skool se 110de bestaansjaar te vier.

Die werklike verjaarsdag is eintlik in Augustus, maar Sentraal se personeellede en leerders begin al Vrydag met ‘n TralieMakietie. Dit is gewis die gepaste wyse om die groot herdenking van 110 jaar te herdenk.

Leerders sal Vrydagoggend aan ‘n Heals for Charity deelneem waartydens seuns en meisies op hoëhakskoene gaan paradeer.

Verskeie Vrystaatse krieketspelers sal ook die herdenking saam die skool vier. Dan is een van die hoogtepunte ‘n skattejag. Hier gaan mense na die pouse ‘n diamant op die skoolterrein soek.

Leerders sal die aan hul talente wys tydens die Tralies Got Talent- kompetisie wat in die skoolsaal sal plaasvind.

Die onderskeie sportspanne sal Saterdag die Trallie gees voort sit wanneer hulle in aksie sal wees op die sportvelde.
Die aksie begin reeds om 07:30 met ‘n pretdraf van sowat 1600m op die sportvelde.

Die opwinding sal die middag ‘n hoogtepunt bereik wanneer onderskeie hokkie-, netball- en rugbyspanne teen HTS Louis Botha gaan meeding.

Daar sal ook ongeveer 70 stalletjies by die geleentheid wees waar mense allerlei eet en drinkgoed kan koop.

Die verrigtinge sal Sondag met erediens om 10:30 in die skoolsaal afgesluit word.