Met verlede week se oorwinning teen Eunice maak Hoërskool Sentraal met groot trots hul tiende wenjaar bekend! Die Tralies se eerstespan het sedert 2006 nog elke jaar die groter Bloemfontein-liga gewen. Die skool hou duimvas vir die ‘Free State Challenge’ wat tussen 16 en 17 Junie in Welkom plaasvind, waar die span moontlik die tiende agtereenvolgende jaar die beker sal huis toe bring. Hier is van links, voor: Alexa Nel, Maryna van Wyk (kaptein), Nicol de Wit (o/kaptein) en mnr. Johan Vorster (skoolhoof); en agter: mev. S. Grobler (spanbestuurder), Melissa Boshoff, Zetske Posthumus, Olerato Khasake, me. R. Erasmus (afrigter), Dane Klopper, Jana Nel, Arne Fourie en Zelda Jordaan.