E Copy

Date:

“Toy-Toy” se verloofde getuig oor aand van moord

Die verloofde van ‘n Bloemfonteinse moordbeskuldigde en motorfietsryer het vandag in die plaaslike streekhof getuig dat hy slegs homself en haar op die aand van Michael Jacobs se dood wou beskerm het.

Anamarie Oosthuizen was een van twee getuies wat vandag vorentoe geroep is in die verhoor van Jaco “Toy Toy” du Toit. Die eerste getuie was Gary Els.

Du Toit, gewese polisieman van Pellissier, word daarvan aangekla dat hy Michael Jacobs die aand van 8 November 2014 voor ‘n kuierplek doodgeskiet het.

Oosthuizen het getuig dat sy nie kennis gedra het van enige vorige probleme tussen Du Toit en Jacobs daardie aand nie, en dat sy slegs ‘n drankie wou gaan geniet het saam met Du Toit. Oosthuizen sê sy en Du Toit was reeds op die motorfiets, reg om te ry, toe Jacobs uit die kuierplek kom en reguit na hulle geloop het. ‘n Bakleiery het kort daarna uitgebreek.

Sy sê verder ten tyde van die onderdonsie tussen die twee het Du Toit glo blou geraak en gelyk of hy nie asem kry nie toe Jacobs hom in ‘n wurggreep gehad het.

Volgens Oosthuizen het sy later dowwe geweerskote gehoor, waarna Jacobs bewegingloos op die grond gelê het.

Op ‘n vraag deur die staat se Leon Ehlers, oor of Du Toit uit noodweer opgetree het, sê Oosthuizen dat Du Toit hulle net wou veilig hou.

Gary Els,‘n mede-motorfietsryer wat eerste deur die verdediging geroep is, het getuig dat hy nie verwag het die aand sou so uitdraai nie. Hy sê verder dat sy lewe onherroepelik verander het, dat hy gedreig is, en dat daardie nag hom in ‘n toestand van skok gelaat het.

Die verhoor duur voort.

Mark Steenbok- Courant Nuus

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung to experience low pressure, supply cuts during reservoir maintenance

Residents in the Mangaung Metro are to take note...

Alice in Wonderland visits Bfn

The adaptation of the world-renowned production “Alice in Wonderland”...

Essential road safety tips for a safe Easter road trip in South Africa

As South Africans head out on their Easter road...

Man (64) arrested in Tumahole for possession of mandrax, crystal meth

A 64-year-old suspect was arrested in Tumahole following an...