E Copy

Date:

Totsiens Jan Dagga

Christal-Lize Muller

Hy was ‘n boodskapdraer van God in Bloemfontein en het homself nooit van die liefde van Christus geskei nie. Dit is hoe die stad se geliefde, Jan Taljaard, oftewel Jan Dagga, wat gereeld op sy fiets met die nommerplaat Jan Dagga deur die stad se strate gery het, onthou sal word.

Past. Hans Vermeulen het verlede Vrydag in sy boodskap op Taljaard se begrafnisdiens in ‘n stampvol Maranatha-herlewingsentrum in die stad gesê, Taljaard is nou op ‘n beter plek. Hy het sy tuiste bereik. Sy werk op aarde is voltooi.

Die 73-jarige Taljaard is sowat twee weke gelede in Curielaan dood toe hy met sy fiets teen ‘n motorfiets gebots het. Vermeulen, wat Taljaard al lank ken, het gesê Jan Dagga was nie onbekend aan Bloemfonteiners nie.

Dié twee het mekaar jare gelede ontmoet nadat Taljaard getuig het hoe “die Here hom van dagga verlos het”. Volgens Vermeulen was Taljaard altyd op pad met sy fiets deur Bloemfontein se strate. Hy was ‘n groot Christen en “evangelis” wat die Woord met sy kenmerkende hemde waarop Christelike boodskappe geskryf was, verkondig het. “Jan was ‘n reisiger vir die koninkryk van God.
Hy was ‘n verteenwoordiger vir die Koning wat ons ken.” Vermeulen het gesê Taljaard het sy merk in baie mense se lewe gemaak. “Daar is baie mense wat baie respek het vir hom. Daar is baie mense wat baie lief is vir hom.”

In ‘n huldeblyk het sy kleinniggie, Michelle Jones, gesê oom Jantjie, soos hulle hom genoem het, was ‘n karaktervolle mens wat graag stories vertel het. Volgens haar het baie mense gedink hy is haweloos. Hulle het op hom neergesien, sonder dat hulle oom Jantjie werklik as mens geken het. “Hy wou net harte vir die Here wen.” Oom Jantjie was ‘n dissipel van God. “Vandag weet ek met sekerheid in my hart dat hy by die Here is,” het Jones gesê.

Taljaard is in die Bainsvlei-begraafplaas in die Emmanuelblok ter ruste gelê.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...