GEORG VAN ECK
Die nuwe atletiekseisoen word op ’n hoë noot ingelui met die 18de Clover-atletiekbyeenkoms van Grey Kollege, Oranje Meisies Hoër en Kovsies op 5 Oktober in die Vrystaat Atletiekstadion in Bloemfontein.
Die byeenkoms, wat van Suid-Afrikaanse se beste jong atlete lok, gee altyd ’n stewige hupstoot aan belowende deelnemers en vanjaar vorm Kovsies deel van die vennootskap, wat sal verseker dat die mededinging selfs strawwer as in die verlede sal wees.
Daar sal atlete van 25 skole, vier universiteite, Kovsies, Tuks, Pukke, UJ en SUT, asook twee klubs, Real Lions van Welkom en Excellenté van Bloemfontein, in aksie wees.
Die byeenkoms word deur afrigters gebruik om toekomstige talent raak te sien en te help ontwikkel, maar dien ook as voorbereiding vir van die land se topatlete.
In die skolekompetisie sal seuns en meisies uit die Vrystaat van Grey, Sentraal, Jim Fouché, Eunice, Fichardtpark, Louis Botha, Lereko en Petunia, deelneem. Atlete uit ander provinsies sal ook in aksies wees. Gauteng: Affies (seuns en meisies), Pretoria Boys High, Kemtonpark, Eldoraigne en Wonderboom. KwaZulu-Natal: Pietermaritzburg uitnodigingspan (meisies en seuns). Weskaap: Bloemhof (meisies) Bredasdorp, Milnerton, Paul Roos, Outeniqua en HTS Drosdy van Worcester. Ooskaap: Framesbury en Victoriapark van die Baai. Noordkaap: Diamantveld van Kimberley.
Verskeie nasionale en junior kampioene soos Gideon Trotter, Danel Prinsloo, Cecile Meyer, Eunice Olevano, Werner Meyer, Hannes Naude, Windy Jonas en Ruben Heymans sal ook hul slag wys.
Onder die skoleatlete tel talle uitblinkers soos: Nico Prinsloo, Hein Bezuidenhout, Hanno Bezuidenhout, PC Coetzer, Daniël Rust, Hannes Reinecke en Lucas Visagie (Grey); Juvan van Vuuren (Fichies), Wanzel Breytenbach en Yolandi Stander (Affies), Themba Njila en Godfrey Neels (Petunia), Cassidy Williamson en Eugh Nyakabau (PMB), Cayla Seddon, Catherine Mukamuri (Victoriapark), Tlotliso Leolela, Llewelyn Hein en Boholo Mokhomo (Louis Botha); Welmie Erasmus, Niel Zondagh, Amber Kapot (Bredasdorp); Xolisa Madi (Lereko); Veroeshka Strauss, Bronwyn Leonard, Solvio Ncamane en Maryke de Bruyn (Jim Fouché); Tiffani Bell en Eckhardt Rossouw, (Kemptonpark); Ed Edem, Mareza Brink en Casey Botha (Eunice), Jo-Ane van Dyk en Zane Fourie (Outeniqua); Theuns Ehlers, Tiaan Kleynhans en Simone Verwey (Eldoraigne); Kean-Marie Vermeulen, Bethany du Randt en Ruan Willemse (Diamantveld). georg@centralmediagroup.co.za
Date:






