Arnold van Wyk en Henri Dutilleux word algemeen beskou as van Suid-Afrika en Frankryk se mees toonaangewende komponiste. Hierdie twee komponiste is albei in 1816 gebore en hul werk word vandag om 19:00 met ‘n 100 jaar-gedenkuitvoering vereer in die Naval Hill Planetarium.
Die pianis, Benjamin Fourie, sal met diĆ© konsert hulde bring aan hierdie skeppers. Die program bestaan uit ‘n vertolking van Van Wyk se Pastorale e capriccio (1948/55), Nagmusiek / Night Music (1955-58), Dutilleux Le jeu des contraires (1988) en Sonate (1947/8).
Kenmerke van altwee komponiste was ‘n klein oeuvre, met komposisies van hoĆ« kwaliteit, ‘n fassinering met die nag, ‘n individualistiese werkswyse en invloede van simbolistiese en ander digkuns in hul werke.
Fourie het hierdie musiek in Suid-Afrika en verskeie Europese lande uitgevoer. ‘n Nuutvrygestelde laserskyf met kunsliedere in Afrikaans, vertolk deur die sopraan HenriĆ«t Fourie van Chicago, sal ook tydens die uitvoering te koop aangebied word.
Kaartjies vir die konsert kos R130 (een persoon), R100 (twee persone ā elk) en R80 (pensioenarisse en studente) Bespreek telefonies by 051-401-9751 of per e-pos by FickY@ufs.oc.za. Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.
Date:
Toonaangewende komponiste se werk in planetarium gevier
Die pianis, Benjamin Fourie.